Wes Transvaal

Wes Transvaal

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

Wes Transvaal was een van die 6 stigtings Unies wat op Lekkerrus begin het met o/13 Rugby Steven Lindequé en Alta van Heerden was afrigters en spanbestuurder. Gedurende 1992/93 het Wes Transvaal se bestuur uit twee organiseerders nl. Piet Booyens vir Hoërskool rugby en Johan van Heerden vir Laerskool rugby met Gert Venter H/s, Johan de la Rey L/s en Pieter du Buisson L/s as afrigter/bestuurders. Met die o/19 en o/13 rugby toer na

Suid-Wes(Namibië) was Wes Transvaal se bestuur verantwoordelik vir die reëlings en bestuur van ’n baie moeilike toer maar was tog baie suksesvol. Dit was een van AVS se hoogtepunte in die geskiedenis!

Vanaf 1994 was Johan van Heerden verkies tot Unie President vir Wes Transvaal. Hy beklee die pos tot 2005 waarna hy uittree en Andries Martinson as President verkies word.

Wes Transvaal het hoofsaaklik gekonsentreer op Rugby en Netbal met Hokkie wat 2 Bokkieweke bygewoon het en Krieket een.

Rugby : o/19 en o/13 spanne was oorspronklik ingeskryf met o/14 en o/16 wat later bygekom het. Die o/14, o/16, o/19 het almal Bokkie finale gewen. Die o/19 het ook baie trofeë gedeel met Oos Transvaal. Die o/13 het ook die Plaat finaal gewen. Wes Transvaal was altyd ’n faktor en was ten minste in die top 4 met een of meer spanne.

Die Rugby Organiseerders van Wes Transvaal was: Pieter dy Buisson en Theo Swan. Beide Pieter en Theo was ook gekies om die o/19 AVS Bokkiespan te bestuur  en af te rig. Die afrigters deur die jare het hul goed van hul taak gekwyt as na die goeie uitslae gekyk word.

Hulle was: Henk Peyper; Pieter van Heerden; Reds Swanepoel; Piet du Preez; Johan Visser; Karel Greef; Morné Herbst; Willie Herbst; Franna Martinson; Gerald Panther; Shaun-Pierre Gresse; Manie Pieters; André Esterhuizen; en Abri Senekal.  Ons weet daar is nog name maar die geheue is nie meer so goed nie. Nogmaals dankie aan almal!

Die Netbal spanne wat Wes Transvaal met die jare/in die loop van die jare op die AVS Bokkieweek verteenwoordig het, het bo gemiddeld presteer. o/13, o/14, o/14 en o/19 het jaar na jaar die trofee gewen of in die finale verloor.

Daar was ook elke jaar baie goeie verteenwoordiging in die AVS Bokkiespanne. Die bestuur van die Netbal onder die leiding van Rebe Swanepoel en haar span afrigters was en is:

Alta van Heerden; Villa Brits; Anrie Swanepoel;Anita van der Merwe, Adrie Jacobs; Lappies Swanepoel; Hannatjie Visser; Mart Engelbrecht; Meldra Harmse; Tanja Brits; Juanita Marais; Lorna Lotz; Lazya Greef; Mariekie van Rooyen, Selma Smit.