Verre Noord

Verre Noord

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

Verre Noord is gestig in 1992 en het deelgeneem aan die eerste Bokkieweek. Willem en Adri  Barnard was die President van Verre Noord vanaf 1992 tot 1998. Daarna het Tienie van Staden die Presidentkap van Verre Noord oorgeneem. Tienie wil die persone bedank wat hom bygestaan het tydens sy tydperk as President (organiseerder) nl. Willem en Adri Barnard, Freek Swanepoel, Spikkels de Wet, Peet Vorster, Dawie Grobler, Jasper Louw, Christo Botha en sy eggenoot Rynette.

Ons het ‘n grappige 2002 Bokkieweek te Morgenson gehad. Die afrigters van Bosveld en Verre Noord het almal in een kamer gebly. Die Hokkie-organiseerder (afrigter) Spikkels de Wet het ons van die vorige weke al leer ken as ‘n bobaas grappies en storie verteller. Die eerste twee aande het hy ons dan heerlik vermaak met sy grappies en stories. Die volgende dag besluit al die ander kamer inwoners dat ons ‘n “Tolla van der Merwe” grap met Spikkels gaan maak.

Soos gewoonlik het hy die aand met slapenstyd weer begin grappe vertel en hard probeer om ons aan die lag te kry maar verniet, ons staar hom net aan asof hy ‘n vreemdeling is. Spikkels kon hierdie optrede nie verstaan nie en het toe baie veleë nag gesê om te gaan slaap. Die res van die kamer het toe uitgebars van die lag. Hierdie insident het die betrokkenes later jare nog baie genot verskaf.

In 2003 te Uppington het ons ‘n noue ontkoming wat ‘n mens in dankbaarheid laat dink aan jou seëninge. Vroeg die volgende oggend na die Bokkieweek het Verre Noord besluit om 4:00 stiptelik die langpad aantedurf.

Net voor sonopkoms het daar ‘n groot vragmotor van voor gekom. Die bestuurder van ‘n vragmotor het waarskynlik aan die slaap geraak en so naby aan  die bus verbygery dat dit die kantspieël afgeruk het en die regterkant van die bus se vensters gebreek het. Almal het groot geskrik maar was dankbaar dat dit nie erger was nie. Ons het die bus vensters met karton toegeplak en ons kon verder voortgaan. 

Dit bly ‘n provinsie se ideaal om ‘n AVS-Bokkieweek te kan aanbied. Met die geleentheid het Verre Noord ‘n beurt gekry om as gasheer op te tree vir al die ander unies in 2004 op Hans Strijdom in Naboomspruit. Die reëling komitee onder voorsitterskap van Mauritz Hansen, het ‘n goed georganiseerde week te Hoërskool Hans Strijdom aan gebied.


Willem en Adrie Barnard se hulp en bystand in hierdie verband is op prysenswaardig. Groot dank aan al die mense wat betrokke was van begin tot einde.

In 2005 word Johan van Heerden verkies as President van Verre Noord en beklee die pos tot die jaar 2007.

2007 was Johann Bierman aangetel as die President en is tans nog in die posissie.

In 2010 het ons in Welkom tuis gegaan, dit was lekker maar dit was 80km van Kroonstad. Die kinders moes vroeg opstaan om betyds te wees vir die dag se sport aktiwiteite.