Vaaldriehoek

Vaaldriehoek

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

 

AVS Vaaldriehoek is gestig in 1992 ‘n het aan die eerste Bokkieweek deelgeneem. Ons eerste President was Ds. Gert van Heerden en hy was deel van die Stigterlede van die AVS. Ds. Van Heerden het ook gedien as

President en Vise-President van AVS. Hy het ‘n reuse bydrae gelewer aan AVS in die beginjare van die beweging en het in 2004 die leisels oorgehandig aan die huidige President - Pierre Scharneck. Vaaldriehoek het van krag to krag gegaan oor die jare en is tans die grootste Unie op die Winterweek en neem aktief deel aan Rugby, Hokkie, Netbal, Seuns Hokkie en Redenaars in alle ouderdoms groepe.

 

Die Unie het ook die Daan Nolte trofee verower in 2004. Vaaldriehoek het verskeie kere die week oorheers en in 2008 het al 4 rugbyspanne op die finale dag op die A-veld gespeel. Die o/19 span in die Plaatfinaal en die res van die spanne in die finaal. Die hoofveld was behoorlik Oranje op die dag!

 

Seuns hokkie het ook die afgelope klompie jare die week oorheers en was feitlik elke jaar kampioen of ten minste in die finaal.

 

Netbal was net so sterk verteenwoordig op die wennerspodium en het elke jaar kompeterende spanne ingeskryf waarvan daar ten minste een span in die finaal was of as kampioen gekroon is.

 

Die eerste jaar wat die kultuurspan ingeskryf is, het ons die week oorheers en ook die jaar daarna.  Ons het ook ‘n fantastiese spreker opgelewer wat die Rapportryers kompetisie gewen het.

 

Rugbyspanne van Vaaldriehoek is altyd kompeterend en dit was baie lekker om te sien dat die span van 2007 se spelers so uitblink.

 

Krieket groei ook goed by ons en ons het die Somerweek die afgelope tyd 3 maal aangebied met groot sukses. Ons sal graag meer Hoerkole wil betrokke kry met krieket maar die Laerskole is almal deel van AVS en ons suksesse behaal met die o/13 span toon dit duidelik aan.