Transvaal

Transvaal

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

 

Transvaal unie is op 28 Januarie 2009 gestig, waartydens Gerhard Swart- President, Harry Strauss - Vise President asook 2 ander lede teenwoordig was.

In 2009 neem Transvaal 170 deelnemers en 22 beamptes na Naboomspruit vir ons eerste deelname aan die Bokkieweek. Die meeste van die deelnemers en beamptes kom uit die Oos Transvaal streek, wat mense aan ons beskikbaar om die unie op die been te kry.

 

Soos verwag kan word, ly die meeste van ons deelnemers en beamptes aan bomskok oor wat daar beleef word.

In 2010 neem Harry Struass die presidentskap van die unie oor en vat in totaal 184 deelnemers en 24 beamptes na die Bokkieweek in Kroonstad. Terwyl dit bitter koud was, was die gees en atmosfeer lekker warm en het Transvaal verseker ‘n merk gemaak.

 

Transvaal staan tans nog in sy baba skoene, maar daar word daadwerklik gepoog om die unie uit te brei en te bou. Daar word kontak gemaak en nuwe skole betrek om meer en beter deelnemers deel van die unie te maak.