Suidoos Transvaal

Suidoos Transvaal

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

 

Suid Oos Transvaal het as provinsie ontstaan in 1994. Suid Oos Transvaal was baie gelukkig in die begin jare deurdat hulle heelwat ondersteuning van verskeie groot en goeie skole ontvang het.

Dit het bygedra tot die feit dat hulle deur die jare ‘n baie goeie standaard daar kon gestel het wat ook tot die Bokkieweek  se voordeel gestrek het.

 

Tydens die eerste jaar van Suid Oos Transvaal se deelname in 1994, het hulle naelskraap in die finaal teen Vrystaat met 12-10 verloor. Sedertien het Suid Oos die o/19 Rugbytrofee reeds nege keer verower.

 

Met die begin deelname van Netbal in 1996 te Nylstroom, het Suid Oos Transvaal beide die o/16 en o/19 trofee ingepalm.

 

Hokkie het in die jaar 2000 by Koster deel van die toernooi geword en ook hier het Suid Oos Transvaal hulle goed van hulle taak gekwyt.

 

Dit was goed gewees om ‘n bydrae tot die voortbestaan van die Bokkieweek te kon maak en vir die Afrikanerkind ‘n platform en geleentheid te kon skep waarin hy sy sport op ‘n eie kultuurbasis kon uitleef.

 

Ons glo dat Suid Oos Transvaal altyd alles veil sal hê vir die Bokkieweek en dat dit altyd ‘n vooereg sal wees om iets by te dra vir die tot stand koming van iets blywends vir die Afrikanerkind. LANK LEWE DIE BOKKIEWEEK!