Stelleland

 

Stellaland se unie strek vanaf Mooinooi en Rustenburg in die ooste tot by Vryburg en Christiana in die weste.

 

Geskiedenis van Bokkieweekdeelname

Stellaland AVS het ‘n roemryke geskiedenis wat net soos AVS vanjaar sy twintigste bestaansjaar vier. Die eerste toernooi is op Lekkerrus aangebied met Theo Mc Donald as afrigter en Koos Marais as ouer en spanbestuurder. Destyds net vir 0/13 rugby spanne. Stellaland is een van die kleiner unies volgens leerlingtal, maar een van die mees uitgestrekte unies wat by AVS geaffilieer is. Probleme en moeilike omstandighede het nie ontbreek nie:


Intimidasie, verkeerde en negatiewe beriggewing en onbetrokkenheid omdat Stellaland aan slegs ons kinders ‘n geleentheid gebied het om op provinsiale vlak deel te neem. 

Finansies en borge

Uitgestrektheid van ons gebied.

 

Hierdie probleme te bowe gekom deur ‘n vasberade, gelowige beampte korps wat onwrikbaar glo daarin wat hulle doen, ‘n waarde toevoeging is tot die voortbestaan van Afrikaner kultuur en die ontwikkeling van ons kinders. Onder leiding van Mnr. Koos Marais as President het Stellaland die voorreg gehad om die Bokkieweek  in 2000 op Koster aan te bied.


Koster Skool, die onderwysers  en totale gemeenskap het positief deelgeneem aan hierdie besondere geleentheid. Die dorpie het behoorlik oorgeloop van besoekers. Stellaland is een van die eerste unies wat vriendskaplike provinsiale rugby wedstryde begin speel het. Rugby wedstryde is sedert 2001 teen Noord-Transvaal gespeel. Ons het ook vriendskaplike wedstryde teen          Wes-Transvaal en Noord-Vrystaat gespeel. 

 

Prestasies behaal deur Stellaland het ook nie ontbreek nie. In Netbal het die 0/16 netbal dogters in 1998 en 2000 die finaal gewen. In Rugby het die o/16 spanne vanaf 2003 tot 2006 geen wedstryd verloor nie maar a.g.v die puntestelsel kon hul nie die finale kompeteer nie. Die 0/14 rugbyspan het in 2007 die finaal gewen met Piet Rautenbach en Theo Mc Donald as Afrigters. Tydens die Bokkieweek van 2007 was Stellaland aangewys as die beste unie en ontvang toe die gesogte Daan Nolte Wisseltrofee. 

 

Ons het in 2002 besluit om ’n dogters hokkiespan saam te stel onder die leiding van Gerhard Hamman, Sonja van Niekerk en Wilhelm Rochér. Stellaland het op hierdie gebied nog nie die finaal behaal nie maar verbeter jaarliks. Vanaf 2007 het Mariette de Villiers ingetree as organiseerder en is tans besig om van Stellaland hokkie baie kompeterende spanne te maak. Stellaland se krieket span het vanaf die jaar 2006 begin deelneem aan die AVS se Krieketweek en in 2008 die finaal gewen. 

 

Ons bring hulde aan Ds. Stephen de Villiers vir die afgelope 5 jaar puik prestasies met o/13 en o/19 krieket behaal het. Stellaland bedank al die persone wat vir die afgelope 20 jaar betrokke was tot die groei van ons kinders se sport loopbane en die uitbreiding van die unie.