Noord Vrystaat

Noord Vrystaat

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

 

Noord-Vrystaat bokkies bestaan saam met AVS van 1992 af. Ds. Dries Klopper van Kroonstad het met n.o./13 rugby span die eerste Bokkieweek bygewoon. Later jare het Derona van Rensburg wat baie diep spore in AVS getap het, haar ook met die netbal aangesluit. Sy was vir baie jare die ruggraat van N-OVS Bokkies gewees en die spul bymekaargehou toe dit baie moeilik gegaan het.

 

In 2003 met my kennismaking met die Bokkieweek het ek haar ook so daar kom kry en het ons saam op die bestuur begin dien.

 

N-OVS het al verskeie kinders in die SA Bokkiespanne opgelewer, wat na afloop van elke week gekies is. N-OVS het tot net ’n paar jaar gelede die hele Vrystaat verteenwoordig op die Bokkieweek. Kinders van sovêr as Ficksburg, Harrysmith, Sasolburg en Bloemfontein is al in ons spanne opgeneem.

 

N-OVS was ook al bevoorreg om AVS se nasionale week(Bokkieweek) vier keer op Kroonstad aan te bied. 1996, 2007, 2010 en 2011, getalle het gegroei van 600 tot 3200 in 2011. Ons is baie dankbaar tenoor die Afrikaanse Hoërskool en Kroonstad Hoërskool vir hul samewerking in die verband.

 

N-OVS gee ook hiermee erkenning en is dankbaar teenoor almal, bestuur, afrigters, spanbestuurders, ouers en veral die kinders wat deelgeneem het in al die jare, selfs die wat aan die proewe deelgeneem het en dit nie gemaak het nie.(daar is net teveel om name te noem, aan almal weereens dankie).

 

ONS DANK ONS HEMELSE VADER VIR DIE VOORREG om te doen met Bokkieweek wat ons doen vir ons eie mense. Mag N-OVS nog vele deure vir kinders in toekoms open.

 

Warm Noord-Vrystaat Groete