Noord Transvaal

AVS Noord Transvaal is op 20 Maart 1992 gestig en bestaan uit die volgende dorpe.

Pretoria, Bronkhorstspruit, Calinun, Rayton, Brits en Hartbeespoortdam

NTvl bestaan uit twee Sub Unies te wete, NTvl Noord en NTvl Wes. Die kinders wat skool gaan binne die bogenoemde grense/streek kwalifiseer om aan NTvl se proewe deel te neem. Slegs die BCVO skole in die die gebied kan nie aan NTvl se proewe deelneem nie maar moet by die Unie, AVS BCVO inskakel.

NTvl het sedert sy onstaan verskeie spelers opgelewer wat op senior vlak, provinsiale en nasionale klere ontvang het:

Hendrik Moller - (AVS NTvl Rugby) Blou Bulle O/21 rugby

Ilse van Staden - (AVS NTvl Netbal) Blou Bulle vroue rugby en Springbok oefengroep

Lisa Bischoff - (AVS NTvl Hokkie ) Gauteng Noord en Protea Sagtebal ( neem deel aan wêreld spele)

Cherese Halgreen - ( AVS NTvl Hokkie ) Gauteng Noord Hokkie

Nialette Mare ( AVS NTvl Hokkie) Gauteng Noord Hokkie en Noordwes Universiteitspan

NTvl het oor die jare ook verskeie Bokkie spelers in Netbal, Hokkie Krieket en Rugby opgelewer.

In 2001 op Middelburg maak al NTvl se rugbyspanne skoonskip en 2011 maak al die netbal spanne skoonskip op Kroonstad.

In 2010 bied NTvl vir die eerste keer die somerweek aan en die O/13 Kavalierspan van NTvl wen dan ook die toernooi. In 2011 word die eerste AVS 7's rugby toernooi deur NTvl aangebied.

Nie net het die spelers oor die jare gepresteer nie maar ook die beamptes.

Die eerste President was Wouter Hoffman wat vanaf 1992 tot 2003 gedien het. Hy was ook AVS se skakelbeampte. Hierna is Dr Herman Booysen verkies tot President en is skielik in 2009 oorlede.

Die huidige bestuur van NTvl is as volg:

Ben Vorster President ( 0833080146 )

Niel Mare Adjunk President asook Dogters Hokkie se President

Nantes Kelder Rugby Organiseerder - NTvl Noord

Jannie Oosthuizen Rugby Organiseerder - NTvl Wes ( 0829036807 )

Nilla Dartnall Netbal - NTvl Noord

Hettie Vorster Netbal Organiseerder - NTvl Wes ( 0833212303 )

Dupie du Plessis Hokkie Organiseerder - NTvl Noord ( 0825739429 )

Cariena du Plessis Hokkie Organiseerder - NTvl Wes

Theo Beneke Krieket Organiseerder

Willie Maritz Tesourie - Rugby

Hettie Vorster Tesourie - Netbal

Dupie du Plessis Tesourie - Hokkie