Natal

Natal

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

 

Afrikaner Volkseie Sport – Natal het as organisasie ontstaan op ‘n stigtingsvergadering gehou op Vrydag 31 Augustus 2007. Die AVS (Natal) embleem en kleure is ook by hierdie vergadering goedgekeur en die bestuur verkies. Jan Nel, Thelma Bestbier, Noëlle van Schalkwyk en Willem de Wet woon die Algemene Jaarvergadering van AVS(Nasionaal) by te Rhino Lodge in Mpumalanga op 9 en 10 Januarie 2008.

 

Daar word ons met ope arms ontvang en kom tot die besef wat die omvang van hierdie organisasie is. Hier verbind ons onsself om betrokke te raak by 0/19 Rugby- en Netbal as begin. Daardie jaar was die eerste oefenkamp by Port Natal Skool gehou oor die naweek van 16 Junie 2008.

 

Groot was die opgewondenheid met die oorhandiging van die klere aan die spelers op 29 Junie 2008 en die 2de Julie was ons oppad na ons eerste Bokkieweek byeenkoms te Naboomspruit as die Natal unie. Vir ons was dit ‘n ondervinding om  2700 leerders van 14 provinsies bymekaar te sien tydens die amptelike opening.

 

In 2009 was Dogtershokkie bygevoeg by die AVS-Natal familie en in hulle eerste jaar vaar hulle uitstekend en speel in die 0/19 afdeling in die finaal teen Bosveld, maar het ongelukkig verloor.

Natal-AVS het toe bestaan uit die volgende spanne:

Rugby – 0/13 en 0/19, Netbal – 0/16 en 0/19, Hokkie – 0/16 en 0/19. In 2010 het ons ook Rugby 0/14 en Netbal 0/14 bygevoeg. 2011 be-oog Natal om alle sportspanne na winternweek te neem.