Hoëveld

Hoëveld

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

 

AVS Hoëveld(eers die Ou Koolvelde genoem) is in 1998 gestig met net elf Hokkie dogters. Met net ‘n 0/19 Hokkiespan, het die Hoëveld Span sonder enige reserwes die Bokkieweek in 1998 en 1999 bygewoon. In 2000 het die Hoëveld span 96 kinders geneem om die Bokkieweek in Koster by te woon. Met Hoëveld wat nog moes baklei het vir bestaansreg, was dit ‘n moeilike tyd finansieel. Op pad na Koster het die busbestuurder verdwaal en was betrokke in ’n ongeluk in Soweto, boonop dit het ons ’n fout gemaak met die afstand van die verblyf en die begroting van die vervoer het nie ooreengestem nie. Gelukkig was daar ‘n donateur wat gehelp het met die hele affêre.

 

Die 2001 Bokkieweek te Middelburg sonder enige probleme afgeloop, en die jaar van 2002 het Hoëveld die Bokkieweek in Morgenzon aangebied. In totaal was al die spanne saam maar net so 860 kinders, maar Morgenzon was gepak met die gees van jong kinders met ‘n passie vir hul sport.

 

In 2003 was die toernooi in Upington, en in 2004 in Naboomspruit. Hoëveld het uit sy nate gebars met 176 kinders en 30 beamptes wat saam geneem was. In daardie toernooi het Hoëveld se 0/19 Rugby span gewen, maar die vreugde was gedemp met ‘n ernstige tragedie. Shaun Ramos het sy nek gebreek  in spel en van daardie dag af, was hy verlam. Daar het ‘n Shaun Ramos Trustfonds ontstaan wat gestig is vir kinders wat beseer word op hulle toernooie. Daarna het Hoëveld net van Krag tot Krag gegaan.

 

Die Somerweek het ook sy ontstaan gekry in die Hoëveld in 2002. Daar het ons begin met

4 – o/13 Spanne en 4 – o/14 Spanne. Vanjaar het ons oor die 300 deelnemers gehad by die Somerweek,