Bokkieweek 2016


                                                           

              Bokkieweek bereik 'n belangrike mylpaal met die viering van sy 25ste bestaansjaar.

Daar word hierdie jaar afgeskop met die O/21 Bokkieweek wat reeds vanaf 23 Maart tot 28 Maart 2016 gaan plaasvind te Orania. Daar is groot belangstelling in hierdie nuwe toernooi met 8 spanne uit die verskillende Unies wat gaan deelneem.

Dan volg die Winter Bokkieweek 2016 wat plaasvind vanaf 4 tot 8 Julie te Kroonstad. Die toernooi spog ook met nuwe vergrote formaat met die toevoeging van Seuns O/15 Hokkie. Dit beloof om weer 'n uitsonderlike geleenheid te bied aan ons Jeug om hulself uit te leef.

Ons laaste toernooi van die jaar is die Somer Bokkieweek wat vanaf 5 tot 8 Oktober. Hierdie Toernooi vind plaas vanuit HTS - Pretoria-Tuine. Daar word meegeding in Krieket (O/13 en O/19), 7's Rugby (O14, O/16 en O/19) en die nuwe toevoeging tot die Somerweek - Snelbal (Fast5) Netbal vir O/17 dogters. Daar word reeds hard ge-oefen in al die Unies en met bietjie meer as 'n maand oor, is meeste proewe al in 'n gevorderde stadium.

Vir meer inligting en nuus uit die onderskeie streke kan u gerus op ons facebook blad onder “Bokkieweek” – registreer en op hoogte bly!

Heelwat inligting en fotos van die onderskeie toere na die buiteland asook binnelands, is ook beskikbaar op facebook.