Bokkieweek 2015

Die AVS Winter Bokkieweek 2015 te Kroonstad was 'n GROOT sukses, en opmerklik was die goeie en vriendelike gesigte van ouers en deelnemers! Die amptelike opening het duisende mense gelok, en met die optrede van Steve Hofmeyr as gaskunstenaar was die skare op hul voete. Trotse ouers en besoekers is getrakteer op puik Rugby, Hokkie en Netbal. Laat ook nie ons Redenaars uit nie! Deelname aan Bokkieweek is 'n trots en met die goeie steun van ons borge, het Bokkieweek 'n trappie opgeklim en gaan nie terugkyk nie. 2015 se Nasionale Somer Bokkieweek het soos beloof groot opwinding en goeie sport opgelewer. Die weer het soos ook verlede jaar, spel op Donderdag heelwat onderbreek, maar die keer met erge rukwinde wat skuilings erg beskadig het. Die temperatuur van gemiddeld 35°C wat deur die dag geheers het, het gemaak dat spelers tam geraak het, en spel effe traag daaruitgesien het. Die gees was egter uitmuntend goed, en ondersteuners en spelers het die toernooi terdeë geniet. 

Vir inligting en nuus uit die onderskeie streke kan u gerus op ons facebook blad onder “Bokkieweek” – registreer en op hoogte bly!

Heelwat inligting en fotos van die onderskeie toere na die buiteland asook binnelands, is ook beskikbaar op facebook.