BCVO

BCVO

Geskiedenis van Bokkieweek deelname

 

Die BCVO skole het in 1996 hul eerste winterspele gehou. Die BCVO - Unie het die eerste keer aan die Bokkieweek deelgeneem in 2010.

 

Dit was vir ons, die BCVO, ‘n voorreg om aan die Bokkieweek te kon deelneem. Ons spelers het geweet dat dit ‘n opdraande stryd sou wees, maar na afloop van die week was ons baie trots op ons leerlinge wat so goed presteer het.

Vir ons, as die eerste bestuur was dit ‘n heerlike ervaring en het ons dit baie geniet. Tydens ons jaarlikse BCVO-Winterspele vind proewe plaas en verleen dit dus vir ons genoeg tyd om ons administratiewe reëlings in plek te kry. Ons verblyf tydens die Bokkieweek 2010 was by Henneman en was baie aangenaam, aangesien ons

BCVO-skole alleen daar tuis was. Dit het baie gehelp om ‘n goeie gees te skep en te handhaaf.

 

Ons besef ook omdat ons CVO skole nie groot skole is nie, sal dit harde werk kos om die spelers op hoë vlak van die Bokkieweek standaard te kry. Ons sien dit as ‘n uitdaging en ‘n mooi geleentheid waaraan ons kinders kan deelneem.

 

In 2010 het die o/13 Rugbyspan twee wedstryde gewen waarin twee van ons spelers die speler van die wedstryd was nl. Gert Swart en Corman Scheepers. Ons o/19 Rugbyspan speel een wedstryd gelyk op en verloor drie wedstryde.

 

Ons o/13 Netbalspan speel een wedstryd gelykop en verloor die res. Die o/19 Span wen toe een wedstryd en speel drie gelykop.

 

Met Krieket het ons ongelukkig geen wedstryde soveer gewen nie maar ons sien uit na die toekoms en dit kan net van krag tot krag groei.

 

In ons twee bestaansjare by die Bokkieweek het ons baie waardevolle ervaring opgedoen wat ons in die toekoms met vryg sal kan gebriuk.

 

Baie dankie vir die deelname van ons unie en namens ons deelnemers baie geluk aan die Bokkieweek se 20ste bestaansjaar.

 

Volksgroete